Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Twee vroue, een geheim
Die ontdekking van n dooie baba in n skuur op n Amiese plaas in Amerika dreig om n jong vrou se lewe te verwoes. Omstandigheidsgetuienis dui daarop dat die 18-jarige Katie Fisher, n ongetroude Amiese meisie wat glo die pasgeborene se ma is, vir die moord verantwoordelik is. Katie hou vol: sy het nie die baba vermoor nie.
Terselfdertyd vlug Ellie Hathaway, n ontnugterde advokaat, na familie wat in dieselfde streek woon om haar kop skoon te maak. Haar tannie is verwant aan Katie en kort voor lank stem Ellie teensinnig in om Katie te verdedig.
Om Katie te verdedig, moet Ellie haar nie net diep ingrawe in n wêreld wat radikaal van haar eie verskil nie, maar ook n manier vind om Katie volgens háár verwysingsraamwerk te verstaan