Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Andy en Terry se ongelooflike boomhuis het nog 13 splinternuwe, prettige vloere bygekry. Hulle het nou ook 'n waatlemoen-mokerkamer, 'n brandermasjien, 'n wortelkanon en 'n lewensgroot slangetjies-en-leertjies-speletjie (met regte lere en regte-egte lewende slange!). Daarby is daar 'n Ninjaslak-opleidingskool en 'n hotegnologiese speuragentskap met die allernuutste tegnologie vir belangrike speurwerk, wat baie nuttig te pas kom, want hulle het 'n GROOT raaisel om op te los .... Meneer Grootneus het spoorloos verdwyn!