Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
n Skaars eksemplaar van die bekende joernalis, skrywer en dramaturg MC Botha se debuutbundel kortverhale. Die boeiende verhale gaan hoofsaaklik oor die verhouding tussen mense, veral dié tussen man en vrou.
Wat dié boek besonders maak, is dat die omslagontwerp deur die bekende kunstenaar Walter Battiss gedoen is. MC was Battiss se motorbestuurder tydens die skilder se afskeidsreis deur Suid-Afrika. Die reis het in Mei 1982 geëindig toe Battiss in die Mount Nelson Hotel ingetrek het. In Augustus van dieselfde jaar is Battiss oorlede.
Eerste uitgawe In 1980 deur Perskor gepubliseer. Die stofomslag is in n goeie toestand met klein randskeurtjies en verwering by die voue. Die binneblaaie is vergeel, maar netjies en skoon. Bruin kolletjies bo-aan bladblok.