Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Johannesburg dreig om 'n spookdorp te word. Die opbrengs van die myne is deurspek met piriet, en die stad se mynmagnate moet al hoe dieper in die aardkors laat myn. Spoedig verwerf hulle 'n nuwe bynaam: die goudkewers.
Ook op politieke gebied begin die onweerswolke saampak. Deur die bemoeienis van Cecil John Rhodes word die fondamente gelê vir die gedoemde Jameson-inval, wat aanleiding gee tot die bloedige Vryheidsoorlog tussen Brittanje en die twee Boererepublieke.
Dit is teen dié agtergrond dat die meesleurende liefdesverhaal van Deborah Mannheim en Kit Malloy afspeel. Ná sy betrokkenheid by Boer én Brit word Kit gedwing om kant te kies; terselfdertyd keer Karl Mannheim terug as soldaat, vasbeslote om die liefde van sy vervreemde vrou, Deborah, te herwin. Maar Deborah is verskeur: Kies sy Kit of erder haar verpligtinge teenoor die skatryk Mannheim-familie, wie se myne skielik haar verant woordelikheid geword het?