Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In die finale deel van Die Mannbeim-sage woed die spanninge tussen Deborah, Karl en Kit steeds. Deborah se verbittering teenoor haar man, Karl, vererger, en daarby word haar liefde vir Kit galsterig met die verloop van jare. Weens sy onvermoë om sy vrou se liefde te herwin word die lewe vir Karl onuithoudbaar -soveel so dat hy dinge in sy eie hande neem. Maar ook Deborah en Kit dra letsels ná die Boereoorlog. Ten spyte van hul hunkering na mekaar bly hul liefde onvervul.
Op die vooraand van die Eerste Wereldoorlog ontmoet Kurt, Deborah se seun, vir Kit se dogter, Victoria. Hulle word verlief en is bereid om die besware van hul families teen te staan. Die spanning bereik 'n breekpunt wanneer hulle in 'n skermutseling in Europa vasval en hul liefde 'n duur prys verg.
Wat hou die toekoms vir die Mannheim- en Malloy- families in? En kan Deborah en Kit, dekades ná hulle die eerste keer ontmoet het, uiteindelik versoen raak in hul liefde vir mekaar?