Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Paul J. Smit, Die Paddaman in die Diepsee. Cape Town: Tafelberg, 1960.
Hardcover, dustwrapper, 224 pages.
Dustwrapper fraying at the extremities of the spine, text evenly browned as usual.
DIEP onder die rustelose oppervlakte van die see le 'n wêreld so interessant, so kleuraryk en so vol lewe soos ons eie. Dit is 'n paradys met blomme en sponse en seewier, met pragtige rotswande en blou poele wat dit soos 'n tekening uit 'n sprokiesboek laat lyk. Maar dit is ook 'n wêreld van verraderlike haaie, van moorddadige marlyne, reuse-seekatte en moordvisse, 'n wêreld van die lewe vir die wat lewe, of die dood, vinnig en genadig en swart. Dit is die paddaman se ryk; daar is hy baas en heerser. Daar is hy Poseidon self. Na hierdie ryk diep onder die oppervlakte van die see voer die skrywer ons: saam met Gerrie Malan, baas-paddaman en onderwyser aan die Waterkantskool, sy vriendelike vroutjie Nalise en 'n groepie waaghalsige skoolseuns. Oud en jonk word aangegryp deur die groepie paddamanne se waaghalsige avonture en hul wedervaringe in die ryk van Poseidon.