R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R35.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R5.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Toestand : Goed. Eerste uitgawe, Tafelberg, 1991, Sagteband - Digbundel - 48pp. ISBN 9780624031024. Met Dooiemansdeur bereik Hugo n nuwe hoogtepunt, waar hy aan die hand van n motto uit die Nederlandse digter J.C. Bloem se gedig Insomnia die dominante motiewe van dood (ook van n liefdesverhouding) en slaaploosheid behandel. Die gedigte behandel verskeie perspektiewe van hierdie en newe-motiewe, soos n willoosheid en moedeloosheid vir die lewe, n vrees vir die onbekendheid van die dood, die vergelyking van die kortstondigheid van die menselewe teenoor die groter standhoudendheid van die natuur, die afsterwe van verhoudings en die verlede, die onafgehandeldheid van die hede, die voortdurende verval met die verloop van tyd, skuld en leed. Die geestige Engele en duiwels siklus vergelyk die wêreld van die hiernamaalse op die geslagtelike verhouding op n ongewone wyse. Nabokov in die hemel vind dat in die boeklose hemel se boomryke paradys niks meer benoem kan word nie, maar later in die bundel verkondig Wat nie geskryf is nie juis dat die ongeletterde die bome van die aarde bewaar van verpulping. ABA beskryf hoe geleerdes die sterfte van die taal verkondig, terwyl die gewone mense op straat steeds die taal van liefde praat. Second thoughts en Dooiemansvrou koppel die hoofmotiewe van dood en slaap. Rondeel vergelyk die seisoene se kringloop met die liefde, wat ten spyte van die kortstondigheid tog kan dy en bot. Die kelders reeks verwoord liefdesgeluk met doeltreffende konsekwente deurtrek van die kelderbeeld. n Aantal gedigte het die afkoeling van n verhouding as tema (byvoorbeeld Afrekening, Truseisoen en Verlede tyd) waarna daar dan die verwydering kom. Die drie Dooiemansdeur-gedigte wat op strategiese plekke in die bundel geplaas is en elke keer n ander aspek belig, dien terselfdertyd as aankondiger van n ander klem op die gedigte wat volg en vervul die funksie van verdeling van verse wat tussendeur steeds op mekaar inspeel." -- WIKI
Ons kombineer posgeld, so kyk gerus na ons ander items wat aangebied word.
Please Click --->HERE<--- to see all the itemsPTO Booksis selling.