Vir Ella Coetsee is die lewe op die oomblik allesbehalwe 'n fees. Haar pa en ma is by 'n huwelikskamp en sy is na Timboektoe gepos. Timboektoe! Nou ja, nie heeltemal midde-Afrika nie, maar weg van haar stadslewe voel ouma Vlooi en oupa Rupert se plaas naby Steynsrus vir haar soos die boendoes. Sy kry 'n knop op haar maag as sy daaraan dink dat haar pa en ma dalk gaan skei. As sy net selfoonopvangs gehad het, sou sy nie heeltemal so eensaam en verlore gevoel het nie. Maar dan maak blondekop Deon Loodts sy verskyning. Die sestienjarige boerseun van die buurplaas lei gou Ella se aandag af van die donker wolk wat oor haar hang en die knop op haar maag wil-wil verjaag word deur vlinders van verliefdheid. By die twee plase se gedeelde begraafplaas ontdek hulle 'n regte Krugermuntstuk ... en 'n honderd jaar oue brief wat dit duidelik maak dat ten minste een moord al oor hierdie goue munt gepleeg is. Gou besef Ella en Deon dat iemand weer op soek is na die Krugermunt.

Title: Ella
Sub Title: goue liefde
Author: Karmen Wiid
Publisher: Carpe Diem Media
Year: 2013
Number of pages: 78
ISBN: 9781432203122
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever