Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
Diena van Die Eike
Diena van Die Eike - só ken almal op Burgershoek haar, die vrou met die losieshuis op hierdie afgeleë dorp. En dis die somtotaal van wat sy hier geword het - weg van die hoofstroom van die lewe, buite bereik van die skaduwee wat oor haar verlede hang. Tot die dag dat Melt Fouché weer op haar drumpel staan. Toe wéét sy: die verlede, in die persoon van dié briljante geneesheer, het haar ingehaal.
Diena van Die Eike is 'n roman wat die leser 'n onvergeetlike blik gee in die hart van 'n vrou wat deur die smeltkroes van die lewe moes gaan omdat sy té liefgehad het.
Soveel blye dae
Ook vir Adri Rossouw in Soveel blye dae breek daar 'n dag aan wat sy nooit sou wou beleef nie, 'n dag waarin alles omtrent haar vol en gelukkige lewe saam met haar man, Marinus, verander.
Want 'n blondekopmeisie staan op 'n oggend in haar voordeur met die woorde: "Ek verwag 'n kind van jou man, mevrou. Hoe leef 'n vrou voort wanneer alles binne haar gesterf het? Hoe herwin sy respek vir haarself en vertroue in haar medemens? Hoe beveg sy die bitterheid? Deel van die antwoord is: nie alleen nie, en deur die Genade is daar ook vir Adri 'n helpende hand, en 'n skouer om op te huil.
Helder is die nag
Die knap jong dokter Hugo Serfontein in Helder is die nag is 'n gelukkige man. Hy is verloof aan die beeldskone Roelien Keulder, 'n ryk en invloedryke meisie met al die regte verbintenisse, en die toekoms lyk rooskleurig.
Dan tree die noodlot in. Ná 'n laatnagpartytjie, op pad hospitaal toe, is daar skielik 'n meisie op 'n fiets wat hy nie raakgesien het nie onder sy motor. Wat Roelien bloot 'n "ongelukkige voorval" noem, onwillig om toe te laat dat dit hul toekoms vertroebel, word vir Hugo 'n Damaskuspad-ervaring. Hy kan Andrit, blind en verlam weens die ongeluk, nie van sy gewete kry nie. Hy neem haar in sy sorg en wy hom so ernstig aan die taak dat Roelien baie opstandig daaroor raak.
En haar agterdog is nie ongegrond nie, want dit word vir Hugo al hoe moeiliker om hom van Andrit los te maak. Hy moet uiteindelik leer dat geluk nooit van hartseer geskei kan word nie.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.