Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
ERMELO 1880 - 1980 BY DR R TT J LOMBARD. HARDCOVER, CLOTHBOUND, 222 PAGES, AFRIKAANS EDITION, NO INSCRIPTIONS OR NAMES, IN EXCELLENT CONDITION.
More kom nooit en gister is vir altyd verby. Al wat n mens het, waarmee jy iets kan doen, is vandag. Kenmerkend van die hede, is dat dit gedurig aan die beweeg is, soos iemand wat by n treinvenster sit en uitkyk en sien hoedat die tonele verander. Die een oomblik is dit n veraf horison en die volgende n donker tonnel, hoë kranse, diep afgronde of selfs n eenvoudige maar vrolike skoorsteen met wit rook wat krom gebuig word deur die sterk wind.
Net so kom daar voor ons geestesoog n kaal grasvlakte na vore. Bokwêreld. Onder die oppervlakte, onsigbaar vir die oog, lê die swart goud en wag. Niksvermoedend kom die ossewa tot stilstand en begin die klein groepie mense om vir hulle n heenkome op te rig, wat 100 jaar later n dorp, met bykans 40 000 inwoners, sou wees. Hierdie is maar n vlug van die verbeelding, dog niemand kan sê of Ermelo nie dalk regtig so begin het nie wie sal weet?