Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen verdwyn spoorloos in die Knysna-woud. In die Langekloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor 'n wegvallam wat een aand by haar deur huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Kan dit dieselfde kind wees? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap wanneer twee sensusopnemers 'n wit kind met blou oë ontdek wat by 'n bruin gesin in die Langekloof woon.