Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Kosbare kleinood uit die Afrikaner-geskiedenis.
Hoewel daar baie oor pres Paul Kruger geskryf is, is die literatuur meestal ontoeganklik. Dié fotobiografie gee 'n lesersvriendelike oorsig oor Paul Kruger met 'n volledige versameling chronologiese foto's, sommige uiters seldsaam. Die samesteller, Louis Changuion, beskryf elke foto beknop maar insiggewend. Die identifikasie van sommige foto's het probleme opgelewer, maar is deur deeglike navorsing opgelos. In die proses is ook heelwat mistastinge oor Paul Kruger weerlê.
Eerste uitgawe eerste druk in 1973 deur Perskor-Uitgewery, Johannesburg. Toestand: Die binnekant is in 'n baie goeie toestand. Die stofjas het skaafmerke en is verweer aan die rande en hoeke. Hardebandomslag onder stofjas het merkies en 'n vlek onder by die rug. 'n Groot, swaar boek van 1,5 kg.