Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Eerste uitgawe, geteken deur Alwyn P Smit, M J de Jager se kleinseun
Medium hardeband, geen stofomslag
Gedenkboek van M. J. de Jager deur Alwyn P. Smit is 'n biografie oor Matthys Johan de Jager (1872-1939), 'n staatsartilleris van die Zuid-Afrikaansche Republiek en Boerekryger. Die boek volg sy militêre loopbaan vanaf die Anglo-Boereoorlog, waar hy as luitenant van die Staatsartillerie diens gedoen het en hom onderskei het in veldslae soos Modderspruit, Colenso, Ladysmith en Platrand.
Na die slag van Donkerhoek op 11 Junie 1900, het hy vir anderhalf jaar deelgeneem aan die guerrillafase van die oorlog voordat hy op 26 Januarie 1902 in die distrik Ermelo gevange geneem en na St. Helena verban is. Hy het later sy militêre loopbaan voortgesit in die Transvaalse Polisie en die Unie-verdedigingsmag, en uiteindelik die hoof van die Unie-besettingsmag in Suidwes-Afrika geword.
Die oorspronklike Gedenkboek het self 'n interessante geskiedenisdit het 60 jaar lank in sy familie se besit gebly nadat dit nauwelijks aan vuur en rysmiere ontkom het. Dit is vir die eerste keer gepubliseer in 2000