Gert & Joey: Nuwe Lig Op 'N Raaisel Van Dertig Jaar
About This Book
Condition & Size
Gert & Joey: Nuwe lig op 'n raaisel van dertig jaar
Pieter Van Zyl
Large Paperback
Some wear
Vir Suid-Afrikaners het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste egpaar, hang onbeant- woorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie.
Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, 'n volledige oorsig oor dié voortslepende sage. Rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, se insigte en ervarings word betrek om opnuut sin van die tragedie te probeer maak. Naasbestaandes van die meisies wat verdwyn het, asook dié van Van Rooyen en Haarhoff, is deur die skrywer genader. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf 'n sonderlinge blik op die gebeure wat by Suid-Afrikaners blý spook.
Die tragedie verkry 'n nuwe dimensie wanneer dit beskou word teen die agtergrond van Suid-Afrika drie dekades gelede. Dit blyk ook dat Van Rooyen en Haarhoff nie in isolasie kon optree nie, maar waarskynlik deel was van 'n uitgebreide misdaadnetwerk.
Hiertoe boek sal niemand koud laat nie.
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.