Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek in goeie toestand maar soos u dalk weet is die hoofstukke nie genommer nie en die vorige eienaar het hul netjies met potlood genommer. >>> In n Soort bevryding keer Hendriks terug na die platteland en sy herinneringe aan sy onderwysjare. Die hoofkarakter Dawid Nolte gaan as lid van n aflospersoneel na die plattelandse dorp Uitsig waar hy in n jaar meer as net die normale wedervaringe van n plattelandse onderwyser ondervind. Dawid vind dat sy intieme interaksie met sy leerlinge en die mense op die dorp n baie groter invloed het op sy mensvorming as wat hy ooit sou gedink het. Hy verloor baie van sy eiemagtigheid en besef dat hy nie werklik in beheer is van wat met hom gebeur nie. Sy droom van n digbundel gooi hy een nag weg, want om te besef dat jy nie werklik talent het nie, is ook n talent, n soort bevryding. Hy leer dat jy gelei word na plekke en mense wat jy bedoel is om te ken, sodat jy die persoon kan word wat jy bedoel is om te wees. Om dit te glo en daarop te vertrou, is die grootste bevryding. Die boek word gekenmerk deur die humoristiese weergawe van die karakters en gebeure, beskryf in keurige taal. (WIKI)