Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Tafelberg, 2016 (eerste uitgawe). Sagteband, 344 bladsye. Die boek is in 'n baie goeie toestand; stweig gebind, netjies en skoon.
Hermann Giliomee verweef die verhaal van sy lewensverloop met dié van n land wat hom boei en besiel, n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagse politiek.
As internasionaal gerekende historikus ondersoek Giliomee lewenslank die ontstaan en handhawing van die skerp verdeeldheid in die Suid- Afrikaanse samelewing. Sy werk is vars en vreesloos, en vind aanklank by kenners én gewone Afrikaanse lesers wat oor hulself en hul verlede begin herbesin. Sy uitgesprokenheid haal hom dikwels gramskap op die hals uit wyd uiteenlopende oorde. Hy is al gebrandmerk as n slang in ons midde, n oorbeligte, n taalbul en die boer in the woodpile.
Hoewel Giliomee as kind van die Afrikaner-volksbeweging in die 1950s grootword, wyk hy af van die nasionalistiese tradisie in sy kritiese ondersoek na die opkoms, hoogty en ondergang van eksklusiewe Afrikanermag. Hy lewer veral in die 1980s en 1990s skerp kritiek op die regering se alleenheerskappy en sy onwilligheid om vanuit n posisie van mag te begin onderhandel. Met binnekring-kennis is sy verstaan van Afrikanermag ingelig en genuanseerd, iets wat saam met sy onderhoudende vertelwyse lei tot talle topverkopers, waaronder die magistrale The Afrikaners, wat in 2003 deur The Economist uitgesonder is as een van sy boeke van die jaar.
Hermann Giliomee het baie gedoen om by Suid-Afrikaners en in die besonder by die Afrikaanssprekende gemeenskap n kritiese ingesteldheid te kweek. - SA Akademie vir Wetenskap en Kuns by die toekenning van die eerste Jan H Marais-prys aan Hermann Giliomee in 2016
Giliomees interpretive framework is powerful and original. - Richard Elphick, emeritus-professor in geskiedenis, Wesleyan-universiteit