Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Drikus voel nog altyd soos God se afskeepkind. Hy's nie goed met rugby nie. Hy het nie regtig maats nie. Al wat jy kan doen is skaak speel. Maar selfs daarmee is hy nie goed genoeg nie. En nou moet hy boonop self geld bymekaarmaak om sy stukkende fiets reg te maak.
Maar die dag toe Drikus vir Donovan, 'n straatkind, ontmoet begin sy lewe onherroeplik verander. Vir Donovan is die lewe eenvoudig. "Dit wêk soe: As jy die Jirre se kind is, dan kyk Hy agter jou."