Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie boek lyk vir my nog slinter-nuut en ongelees. >>> Die Verbond is n aangrypende roman wat jou sal meevoer tot in die hartiie van die Lancaster-distrik in Pennsilvanië. - Hier ontmoet jy die vier Ebersol-susters, Sadie, Leah, Mary Ruth en Hannah, en leer uit hulle verskillende persoonlikhede en worstelinge wat dit beteken om n tiener in die Amish-gemeenskap te wees. - Die oudste suster, Sadie, kom voor n moeilike keuse te staan. Nadat sy haar geloof bely het, raak sy verlief op n dokter se seun; iemand buite die Amish-gemeenskap. So beland sy in n web van bedrog, sonde en ontrouheid. Haar jonger suster Leah is bewus hiervan en voer n stryd tussen haar verhouding met haar suster, haar verantwoordelikheid teenoor haar ouers en haar eie geheime liefde vir n ander man as wat haar pa vir haar uitgekies het. - Gaan hulle getrou bly aan hulle eeue oue tradisies, of toegee aan die moderne wêreld wat aanloklik vir hulle wink ?