Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Na aanleiding van talryke versoeke van vriende en 'n mate van pligsgevoel teenoor my volk, en verder om te voldoen aan die begeerte van my kinders, boekstaaf ek hier my persoonlike wedervarings en herinneringe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog. My hoop en verwagting is dat dit die moeite werk sal wees en daartoe sal bydra om die vaderlandsliefde en volksbewussyn by ons jong geslag aan te wakker en die bande nouer te trek wat ons bind as 'n Afrikanervolk.
- Die Skryfster.