Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Pieter Cilliers
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
In 1997 het 'n besonder gewaagde boek die lig gesien: 'n Kas is vir klere het openlik die aanvaarde idee dat gaywees en Christenwees nie één kan wees nie, uitgedaag. Daardie teks het vertel van Pieter Cilliers se reis na selfaanvaarding tot hy die waagmoed had om, met 'n boek, uit die kas te klim.
Hy verwoord die eensaamheid en frustrasie van 'n talentvolle, godvresende mens wat noodwendig buitestander word, die slagoffer word van vrees en diskriminasie. Hy vertel van die moeilike proses van aanvaarding veral van die self vir 'n gay persoon in die Suid-Afrikaanse samelewing.