Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die mensdom het 'n fassinasie met monsters - van die eeue oue legendes oor dapper ridders wat vuurspuwende drake verslaan, tot hedendaagse rillerflieks oor weerwolwe en vampiere. Ontdek van die treffendste geheime waaroor mense al dekades lank kopkrap! Stappers in die Himalajas ontdek reuse-voetspore wat dalk aan 'n onbekende aapmens behoort. Twee kinders neem foto's van feetjies in hul tuin. 'n Karooboer sien ruimtewesens op sy plaas. Vyf vliegtuie verdwyn geheimsinnig in die Bermudadriehoek. Die bemanning van 'n skip sien 'n seemonster naby Kaapstad. 'n Spookmeisie gooi duim op die pad na Uniondale. Is daar logiese verklarings vir hierdie tergende raaisels... of is dit bloot ONVERKLAARBAAR?