Op St Helena - vol van hartepyn: Die oorlogskuns van Erich Mayer - celestine
1 was available / secondhand
R100.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 2 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Op St Helena - Vol van Hartepyn: Die oorlogskuns van Erich Mayer
Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) in Oktober 1899 was die later bekende kunstenaar Erich Mayer nouliks 'n jaar lank in Suid-Afrika. Hy is in 1876 in Duitsland gebore, maar het hom weens gesondheidsredes in, 1899 op die dorp Vrede gevestig.
Hy het, soos talle ander uitlanders, by die Boeremagte aangesluit. Na 'n paar maande is hy by Mafeking gevange geneem en na St Helena verban. Tydens die twee en 'n halwe jaar wat hy op dié afgesonderde eiland deurgebring het, het hy talle sketse en skilderye van die lewe van die krygsgevangenes op dié eiland - eens ook die tuiste van Napoléon Bonaparte - gemaak.
Erich Mayer is die enigste kunstenaar wat die lief en leed van die krygsgevangenes tydens die Anglo-Boereoorlog in soveel detail uitgebeeld het. Sy werk is dus 'n unieke kultuurskat.
Vir die kultuurhistorikus Celestine Pretorius, skrywer van Die geskiedenis van Volkskuns in Suid-Afrika en Al laggende en pratende (Kaapse vroue in die 17de en 18de eeu), is die daaglikse lief en leed van mense in vergange tye 'n fassinerende studiegebied. Aan die hand van dagboeke en herinneringe van krygsgevangenes wat op St Helena gevange gehou is, word die kunswerke van Mayer met deernis en humor teen die agtergrond van tyd en plek geplaas.