Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Baie goed. Geteken + boekmerk.
Formaat: Sagteband
Bladsye: 261
Uitgegee: 2012 (Skrywer)
ISBN: 9780620535953
Verhale van Recce Kleinspan-Operasies
**Geteken deur die skrywer**
Peet Coetzee het in Voortrekkerhoogte groot geword en drie en dertig jaar as Staande Mag lid in die ou Suid-Afrikaanse Weermag gedien. Tydens sy militêre loopbaan het hy onderskeidelik diens verrig in die SA Infanterie Korps en die SA Lugmag.
Tydens sy vorige twee boeke, SPECIAL FORCES JAM STEALER en ONS VERGEET NIE, het Coetzee reeds erkenning daarmee verwerf in n resensie deur Die Volksblad, wat sy boeke beskryf het as aangrypende oorlogsmemoirs, asook die mees omvattende en ryklik geillustreerde van alle grensliteratuur boeke.
Hierdie boek toon die nodige eerbetoning deur middel van kortverhale oor die Baasverkenners van Suid-Afrika. Terugdaterend in die geskiedenis na die met De la Rey, Danie Theron en Hendri Slegtkamp. Die avontuurlike verhaal van Majoor P.J. Pretorius wat besig was met sy eie oorlog teen die Duitsers in Duits Oos-Afrika, lank voor die Eerste Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het. Hy het hom later onderskei om aangestel te word as die Hoofverkenner van Generaal Jannie Smuts. Pretorius word ook vergelyk en gesien as soortgelyk aan die hedendaagse Recce-operateur, deur sy metodes en dade wat hy tydens daardie tye toegepas het.
Die skepper van die hoogs suksesvolle Kleinspan-konsep was Majoor Chris Schulenburg G.C.V. wat onderskeidelik in die Rhodesiese SAS, Selous Scouts en Suid Afrika se Spesiale Magte gedien het. Spesiale Magte Kleinspan-operasies met baasverkenning operateurs soos Kolonel Andrê Diedericks HCS, HC, SM, MMM en Majoor Jack Greeff HC, PMM, MMM met hul spanmaats, het die toepassing van die Kleinspan-konsep suksesvol voortgesit in die menige kleinspan-operasies waarvan in hierdie boek vertel word.