Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Tafelberg, 1973 (eerste uitgawe); Hardeband; 239 bladsye.
Baie goeie toestand. Die omslag het effens begin verkleur. Skoolprysplakker op voorste skutblad, half afgeskeur (sien foto). Die boek is stewig gebind en skoon binne-in.
Met sy grusame assosiasie was Slagtersnek 'n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou 'n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van mense wat by Slagtersnek betrokke was, vorm Dr Heese 'n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het. Heese skilder talle kleurryke figure: Die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en bediendes. Met hierdie boek word 'n belangrike en oorspronklike bydrae tot die geskiedenis gemaak.