Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek nog in 'n mooi toestand - 112 pg. >>> ln hierdie bundel vertel die bekende joernalis, TV-persoonlikheid en skrywer Willem Steenkamp, 'n negentiental oustories uit Namakwaland. Alhoewel hy in Kaapstad gebore is, is Namakwaland sy kuierplek van kleintyd af en deur die jare het hy fyn na alles opgelet en nog fyner geluister. - Dit is hier by ooms en ander bobaas vertellers waar hy gereeld gaan luister en aanteken het. Willem Steenkamp verstaan die kuns om die stories of oustories soos daardie wêreld se mense hulle verhale noem, so reg in die Namakwalandse idioom oor te vertel. So tussenin verduidelik hy n vreemde woord of uitdrukking en lewer kommentaar, maar nooit dwaal hy af nie. - Nee, dis juis die manier van vertel wat die oustories so eg en opwindend maak. Voorwaar n bundel wat weer en weer gelees en geniet sal word.