Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sagteband boek. Boek is in baie goeie toestand. 223 bladsye.
Dawid Visser en Charlie Baker het saam grootgeword op Malmokbaai, n klein vissers- en vakansiedorpie aan die Kaapse Weskus. Hulle was beste vriende vandat hulle ses jaar oud is en is onafskeidbaar. Op 6 Januarie 1986, die dag voor Dawid op die trein moes klim vir Nasionale Diensplig, konfronteer Charlie hom egter met n erkenning wat Dawid ontstel en beide van hulle onseker en verward laat. Dan gebeur daar iets verskrikliks met Charlie gedurende sy eerste jaar op universiteit in Stellenbosch wat hulle albei dwing om hul vriendskap en gevoelens in heroënskou te neem. Al die mense naby aan hulle word ook op die een of ander manier geraak deur wat met Charlie gebeur het en almal, insluitend Charlie, word gedwing om op n innerlike reis te gaan van erkenning en vergifnis. Van hulle beleef n tuiskoms en ander bly soekend.