Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
2000. Hardeband met stofomslag; A4 grootte, 144 bladsye. Baie goeie toestand. Minder as 1kg.
'n Volledige gids tot die gebruik van inheemse plante in die verskillende landstreke om die meeste van jou tuin te maak. Die outeur konsentreer op die gebruik van plaaslike spesies om sodoende die tuin self-onderhoudend te maak en watergebruik tot 'n minimum te beperk. Die boek dek die 3 winterreëengebiede en die 6 somerreënvalgebiede, en bevat spesiale hoofstukke oor plante vir keermure en gabione, oor hoe om voëls na die tuin te lok en oor inheemse huisplante. Die outeur dek alles vanaf hoe om 'n tuin uit niks te skep, tot die korrekte volgorde waarin plante ingevoer moet word. Daar is onder andere hoofstukke oor hoe om voëls en skoenlappers na die tuin te lok, tuinbestuur, tuintipes, rotstuine en damme asook plantkategorieë. Die tweede afdeling van die boek behandel die verskillende klimaatstreke insluitende die Karoo, die Bosveld, Fynbos, Strandveld, Hoëveld, Subtropiese kus en Somer- en Winterreënvalgebiede.