Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Buffel Struikel: 'n Storie van 32 Bataljon en sy Mense
Hierdie boek oor die Grensoorlog, wat soos 'n roman lees, handel oor die geskiedenis van 32 Bataljon en sy mense. Die skrywer, wat 'n pelotonbevelvoerder by 32 Bataljon was, vertel onderhoudend van die lotgevalle van die troepe, van hulle swaarkry, maar ook van grappige insidente, noue ontkomings en tragiese voorvalle. 'n Bisarre voorval word beskryf waarin oudminister Pik Botha die hooffiguur was. Die ontbinding van die bataljon het groot ongelukkigheid veroorsaak en het daartoe gelei dat 'n sakkie met dertig silwerstukke aan die destydse staatspresident, FW de Klerk, oorhandig is. Met 'n uitvoerige bronnelys, 'n lys van gestorwe lede (1976-1989), 'n begraafplaasregister, notas en 'n register. Plus 'n groot aantal foto's.
Die skrywer, Louis Bothma, is 'n onafhanklike navorser, skrywer en uitgewer. Die Buffel Struikel (2006) vorm saam met Rebelspoor (2014) en Vang 'n Boer (2017) 'n trilogie.
Eerste uitgawe, eerste druk, van 2006. Geteken deur die skrywer. Uitgegee deur LJ Bothma, Langenhovenpark, Bloemfontein.
Toestand: Baie goed. Soos nuut.
Vir nog interessante boeke, kyk ook by: https://www.bobshop.co.za/seller/3698756/Woordwurm