Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse J. K. Rowling
Die Afrikaanse vertaling van Harry Potter and the Chamber of SecretsDie Dursleys is die hele somer lank so gemeen en aaklig dat Harry Potter nie kan wag om terug te gaan na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery nie. Terwyl hy sy tasse pak, verskyn Dobbi, n eienaardige huiself, in sy kamer. Dobbi het hom kom waarsku om nie weer na Hogwarts toe terug te gaan nie vreeslike dinge gaan gebeur.
En vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Daar is die opgelbase nuwe professor, Gilderoy Lockhart, n dwalende gees met die naam Katrina Kermkous wat in die meisies se kleedkamers bly, en die onwelkome bewondering van Ginny, Ron Weasley se kleinsus.
Maar al hierdie probleme vervaag soos mis voor die son toe die ware probleem uiteindelik sy kop uitsteek. Iemand of iets is besig om Hogwarts se skoliere een vir een te versteen. Is dit Draco Malfoy, Harry se geswore vyand? Kan dit Hagrid wees? Iets uit sy geheimsinnige verlede?
Of is dit die een persoon vir wie almal in Hogwarts verdink Harry Potter, die top Kwiddiekspeler!
Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse is vertaal deur Janie Oosthuysen