Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Onbekombaar - Van Schaik 1922 - uit die tweede Afrikaanse taalbeweging - ongelooflike toestand **** Voortreffelik is Die Brandwag daarin geslaag om in die uiteenlopende behoeftes van die huisgesin te voorsien. Vir man, vrouw en kind, daar was en is nog steeds ‘voor elck wat wils.’ Veral ‘Tannie’ het van die staanspoor af die harte van die Afrikaanse kinders gesteel met haar luimige, deur-en-deur verafrikaanste ‘kaskenades van Klein Duimpie. Een enkele staaltjie als voorbeeld van ‘Tannie’ se verteltrant:
‘Ek is mos 'n groot man,’ sê Klein Duimpie. ‘Ek is 'n man wat nou die wêreld wil gaan sien!’ Hij stap dwars deur die huis en krij vir Trapsoetjies voor in die blomtuin van sij Ma. Duimpie spring op sij rug en kielie hom al op sij maanhaar langs met 'n grassie. Trapsoetjies draai sij stert los van die takkie, waar hij in die son gesit en slaap het. Hij hou sij linkeroog op die vlieg, wat 'n endjie van hom af sit, en loer met die regteroog agteruit naar die mannetjie op sij rug. Hij lig sij haarvoorpootjie stadig op, - en sit hom weer mooi versigtig neer. Tijds genoeg! Kom ek nie vandag nie, dan kom ek tog môre! Meteens steek hij sij tong uit, soos 'n mens 'n stukkie rekker sou uitrek, en, - tjoeps!... het hij die vlieg op die punt van sij tong, trek hom in en begin op sij gemak te kouw. ‘Toe jong!’ sê Klein Duimpie, ‘kom aan, roer jou, man! Jij kan vanaand gaan slaap, als ons eers daardie rantjie oor is.’ En hij kielie hom weer op sij rugstring langs met die grassie. Trapsoetjies sluk die vlieg in en lig weer één voorpootjie op, maar vóór hij dit kon neersit, was hij vas aan die slaap! ‘Liewe land! Nee, dit gaat te stadig naar mij sin,’ en hij spring van Trapsoetjies se rug af.
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir elk van jou verdere boeke i.p.v. R 24 – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd