Erdvarkfontein is 'n dorpie onder die steekson van die Kalahari. Goed en boos is hier in 'n verbete stryd gewikkel, terwyl intriges soos stofduiwels dans:Wanneer twee skuimbolle sersant Springbok Bergman in 'n kleinhuisie betrap, volg 'n orgie van geweld waarin selfs sy troetelvark, Heimi, die spit afbyt. 'n Honderesies en 'n paar slinkse misdadigers se poging om uit die tronk te ontsnap, lei eweneens tot vuurwerke. 'n Idealistiese jong man, Migiel, en sy geliefkoosde hoender, Clutchkop, neem die wereld op horings tydens 'n besoek aan 'n rare nagklub, Die Magneet. En einste Migiel raak betrokke by 'n ongewone bankroof op Upington ...Kleurryke karakters spruit welig uit hierdie dorre wereld. Daar is die eksentrieke komkommerboer Noag, en sy gestremde voorman, Henry, wie se vreedsame leefwyse versteur word deur die koms van die tert Tara - 'n smeulende vrou wat ken van mans verlei, likkewane braai en blink steentjies smokkel. Teenoor die diepsinnige Simon Finkel is daar die aartskonkelaar Vet Zet wat graag in 'n waterbed klim saam met sy luislang, Desire, en een van talle minnaresse. En om al die onheilighede te probeer hokslaan, is daar sersant Grunter Helz, wat Afrikaans en Duits radbraak en die gereg se naam krater maak.Vreemde dinge gebeur met 'n rasende vaart, en bou onstuitbaar op na 'n klimaks: 'n wilde geveg by 'n Musiekfees, waarin haas almal met oorgawe vuiste swaai en lood laat sing.

Title: Erdvarkfontein
Author: Tom Dreyer
Publisher: Tafelberg
Year: 1998
Number of pages: 178
ISBN: 9780624036708
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever