Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Eerste uitgawe 1971, uitgegee deur Buren-Uitgewers onder redaksie van die letterkundige Merwe Scholtz. Groot formaat met talle kleurfotos en swart-en-wit illustrasies. Die stofomslag is taamlik gehawend, maar die met linne oorgetrekte hardebandomslag is sonder n merkie. Die blaaie is skoon en netjies.
n Kleinood van n boek vir die rooiwynboer en -liefhebber teen n baie goeie prys. Suid-Afrika is n natuurlike rooiwynland wat reeds uitstekende rooiwyne opgelewer het. In pragtige en idiomatiese Afrikaans word die klimaat onder oë geneem, die grond, wyntegniek, wynmakers, die wynfabriek, wynpolitiek en wynkultuur. Die bekende filosoof Martin Versfeld en die wynboer Rufus Kennedy het help skryf aan dié uitmuntende boek.