Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Krok en Dil, die leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend.
Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies. Die twee onwaarskynlike maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
In Waar is die maan word gefokus op die aa-klank:
Dit is laat.
Krok en Dil kyk na die maan.
Maar dan raak die maan weg!
Waar kan dit wees?